
Oud-SA polisiehoof pleeg vermoedelik selfmoord in Parys
Loading player...
Die internasionale betrekkinge-ministerie het die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, bevestig. Die 58-jarige diplomaat, wat voorheen as polisieminister en sportminister gedien het, is in Parys dood en Franse owerhede stel tans ondersoek in na die omstandighede. Franse media berig hy het vermoedelik van die 22ste verdieping van die Hyatt Hotel gespring, na sy vrou hom as vermis aangegee het. Mthethwa is onlangs in die Madlanga-kommissie geïmpliseer oor vermeende politieke inmenging. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die verlies van Mthethwa word nie net tuis gevoel nie, maar ook in die wêreldwye diplomatieke gemeenskap: