Omgewingministerie moet krisis in Etosha erken: Calle

Loading player...
Die omgewingministerie se hantering van die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park is opnuut onder skoot. Kenners het reeds mislukkings in verband met brandvoorkoming en bestuur beweer, maar nou word geen opgedateerde inligting oor dieresterftes en huidige toestande verskaf nie. Onstellende foto's van 'n olifant met erge derdegraadse brandwonde is afgemaak as “dit lyk vals”, maar die fotograaf het na vore gekom en die materiaal as eg bewys. Die olifant is glo intussen uitgesit, maar dit is ook nie amptelik bevestig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met oud minister Calle Schlettwein gepraat, wat sê die krisis moet erken word.
1 Oct 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sesde Schumacher Bonsmara-veiling dalk grootste vanjaar

Die sesde Schumacher Bonsmara-veiling vind volgende week Dinsdag by die Agra/Bank Windhoek Ring, sowel as aanlyn plaas. Boere kan tot Maandag registreer. Kosmos 94.1 Nuus het met die teler Marc Schumacher gepraat oor die diere op aanbod.
1 Oct 11AM 1 min

Stad Kaapstad prys lugvaart vir ekonomiese groei

Stad Kaapstad sê lugvaart is ʼn hoeksteen van die metro se doelwit om ekonomiese groei te bevorder. In 2024 het die Kaapstad Internasionale Lughawe meer as 10-miljoen passasiers verwelkom en 75-duisend ton vrag hanteer. Vanjaar was daar reeds ʼn toename van agt-persent in plaaslike reisigers, en ʼn styging van vyf-persent…
1 Oct 11AM 1 min

Verlaging van stemouderdom 'positief vir demokrasie'

Die debat oor die verlaging van die stemouderdom van 18 na 16 duur voort. AR-parlementslid Tuhafeni Kalola het 'n mosie in die parlement ter tafel gelê waarin hy aanvoer dat as 16-jariges as volwasse genoeg beskou word om tot seks in te stem en aansoek te doen vir identiteitsdokumente, hulle…
1 Oct 10AM 1 min

Optimisme oor mynbousektor, maar...

Namibië se mynbousektor se Beleggingsaantreklikheidsindeks in die Fraser Instituut-opname het met 10 punte gestyg en is nou 35ste wêreldwyd, vanaf die 42ste plek. Streeksgewys bly dit Afrika se vierde top-mynboubestemming. Volgens die Kamer van Mynwese bly die vooruitsigte vir die mynbousektor oor die algemeen optimisties. 'n Voorgestelde 51 persent plaaslike…
1 Oct 10AM 1 min