
Nama-volk soek steeds geregtigheid vir volksmoord
Loading player...
Vandag merk 121 jaar van die uitroeiingsbevel teen die Ovaherero deur generaal Lothar von Trotha. Hy het op 22 April 1905 dieselfde bevel teen die Nama-volk uitgereik. Daar is tans 'n veldtog aan die gang tussen die Nama en Ovaherero om die dag te herdenk sowel as om aanspreeklikheid vir die Duitse regering te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid gepraat.