
Fotograaf vertel van diere na Etosha-brand
Loading player...
Die Etosha-ramp bly in die nuus. Terwyl die lynminister vanoggend die media toegespreek het en ‘n opdatering gegee het, is die situasie op die grond in werklikheid hartverskeurend. Kosmos 94.1 Nuus het met die fotograaf, Koos Reynecke, gepraat. Hy het die eerste foto’s in die park na die brand geneem. Hulle was by Olifantsrus.