
Etosha-brand: Ontleder vra aanspreeklikheid
Loading player...
Reaksie op die regering se trae reaksie op die verwoestende Etosha-brand word steeds ontvang. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het die gebrek aan voorbereiding en koördinering gekritiseer en sê owerhede het eers dae nadat die brand reeds uitgebreide skade aangerig het, hulp versoek. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die versuim om bestaande rampbestuurstelsels te aktiveer, dui op dieper kwessies van aanspreeklikheid.