
Kanse vir La Niña, en reën, raal al hoe beter
Loading player...
Die kanse dat 'n La Niña-weerstelsel voor die einde van die jaar ontwikkel het skerp gestyg, wat die waarskynlikheid van 'n natter as normale somer regoor Suider-Afrika, insluitend Namibië, verhoog. Volgens die Amerikaanse Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie is daar nou 'n 71 persent-kans dat La Niña tussen Oktober en Desember sal vorm. Kosmos 94.1 Nuus het met die weerkenner Johan van den Berg gesels.