Du Toit geniet sy rol in die Bokspan

Loading player...
Die Springbok-stut Thomas du Toit geniet sy verantwoordelikhede in die nasionale span. Die 30-jarige was in die opdrafspan in die laaste vier toetse: in Kaapstad teen Australië, in Auckland en Wellington teen Nieu-Seeland en verlede week in Durban teen Argentinië. Hy is in die tweede helfte van die laaste drie toetse vervang deur een van die wêreld se beste skrum-werkers, Wilco Louw. Du Toit sê hy is baie gemaklik in die span en met wat van hom verwag word:
3 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Begrotingstekort styg met 2% na 4%

Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee.
21 Oct 11AM 1 min

TLU-SA steun vervanging van SBE

Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die…
21 Oct 11AM 1 min

Bevrieste staatsdiensteposte 'n dilemma vir graduandi: Nanso

Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
21 Oct 10AM 1 min