Parlement wil weet oor Nsfaf integrasie by onderwys

Loading player...
Die parlement soek duidelikheid oor die herintegrasie van die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, in die onderwysministerie. Dit is geskeduleer om vandeesmaand plaas te vind. Hierdie stap volg op 'n kabinetsbesluit van 2021 wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en studentebefondsing onder direkte regeringstoesig te konsolideer. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie moet 'n duidelike strategie aanbied, en opgemerk dat daar voortdurend vrae rondom die integrasieproses is.
3 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Begrotingstekort styg met 2% na 4%

Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee.
21 Oct 11AM 1 min

TLU-SA steun vervanging van SBE

Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die…
21 Oct 11AM 1 min

Bevrieste staatsdiensteposte 'n dilemma vir graduandi: Nanso

Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
21 Oct 10AM 1 min