Amnestie veroordeel 'onwettige' onderskepping van flottielje

Loading player...
Amnestie Internasionaal sê Israel se onwettige onderskepping van die Global Sumud-flottielje toon hul vasberadenheid om doelbewus die Palestyne in Gaza uit te honger. Daar is op ten minste 39-vaartuie met humanitêre hulp beslag gelê en tientalle bemanningslede is in hegtenis geneem toe hulle Israel se blokkade probeer breek het. Shenilla Mohamed van die organisasie het die optrede veroordeel as intimidasie van vreedsame aktiviste, en vra vir die onmiddellike vrylating van aangehoudenes:
3 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Begrotingstekort styg met 2% na 4%

Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee.
21 Oct 11AM 1 min

TLU-SA steun vervanging van SBE

Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die…
21 Oct 11AM 1 min

Bevrieste staatsdiensteposte 'n dilemma vir graduandi: Nanso

Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
21 Oct 10AM 1 min