
Kos om kinders by ontwikkelingsentrums te kry
Loading player...
Tydens 'n kabinet-inligtingsessie het genderminister Emma Kantema-Gaomas aangekondig dat die ministerie voedselskemas by vroeë kinderontwikkelingsentrums gaan aanbied. Sy sê dit is as gevolg van die lae registrasie van kinders tussen nul en twee jaar. Volgens die jongste syfers is daar landwyd 2 372 sulke sentrums. Die onderwysministerie het reeds voedselskemas in laer- en hoërskole, en sal die genderministerie bystaan. Kantema-Gaomas het meer.