
Arnie sê pous is 'n aksieheld
Loading player...
Arnold Schwarzenegger het pous Leo die 14de geprys as 'n aksieheld tydens 'n klimaatsgeleentheid wat in Castel Gondolfo naby Rome aangebied is. Die pous het op sy beurt harde woorde gehad oor skeptici wat mense wat van aardverwarming praat bespot, in sy eerste groot verklaring oor klimaatsverandering. Hy het ook diegene wat die “toenemend duidelike” impak van stygende temperature minimaliseer oor die kole gehaal. Dit sal beskou word as geïmpliseerde kritiek op Amerikaanse president Donald Trump, wat klimaatsverandering 'n verneukspul genoem het. Maar, luister na Schwarzenegger.