
CITES-stemstelsel hou Namibië terug
Loading player...
Die Rhino Mama Project het teleurstelling en frustrasie uitgespreek oor die Europese Unie se resolusie dat lidlande Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, moet teenstaan tydens die komende CITES vergadering. Namibië is van voorneme om 'n voorstel in te dien om renosterhoringhandel te wettig as 'n strategie om renosterstropery te help bekamp. Jaco Muller, stigter van die projek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.