
Jeugraad kry (uiteiendelik) nuwe raad
Loading player...
Die jeugministerie het amptelik 'n tussentydse raad vir die Nasionale Jeugraad aangestel. Die raad gaan gebuk onder interne probleme soos bestuursmislukkings, geskorste direkteure sonder behoorlike proses, ontbrekende finansiële verslae, en lede wat openlik ministeriële bevele verontagsaam. Die nuwe raad bestaan uit nege lede met Kennedy Kariseb as voorsitter en Iyaloo Shiimi as adjunkvoorsitter. Lynminister Sanet Steenkamp het in die parlement aangekondig dat die raad tot einde Maart volgende jaar sal dien.