
WGO vra lande om hulp met Gaza-beseerdes
Loading player...
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê byna 42 000 mense, wat sowat 10 000 kinders insluit, leef in Gaza met lewensveranderende beserings weens die voortslepende konflik. Hy sê die gesondheidstelsel stort ineen onder die konstante druk terwyl die oorlog voortduur. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO sê meer as 5 000 mense het amputasies en ander ernstige beserings aan hul arms, bene en ruggraat gehad. Hy raai meer lande aan om pasiënte te ontvang: