
Nama en Ovaherero vat volksmoord-ooreenkoms hof toe
Loading player...
Volgende week neem Nama- en Ovaherero-verteenwoordigers die regering hof toe in 'n poging om 'n omstrede skadevergoeding-ooreenkoms wat tussen die regerings van Duitsland en Namibië onderteken is, van die hand te laat wys. Die groepe sê onder andere hulle is nie by die onderhandelinge betrek nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Melissa Hendrikse, 'n regsadviseur van Amnestie Internasionaal, wat meer inligting oor die saak gee.