Vrae oor wettige aborsies vlam weer op

Loading player...
Reaksie word ontvang op die arrestasie die week van 'n vrou in Walvisbaai nadat sy na bewering onwettige aborsiepille verkoop het. Die waarde van die pille volgens plaaslike media was 8 500 Namibiese dollar. Die insident ontlok weer vrae oor veilige en wettige aborsies wat nie moontlik is in Namibië nie. Kosmos 94.1 Nuus het net Rosa Namises gepraat.
3 Oct 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NAM-CIRT waarsku oor vals webwerwe

Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, onder die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, waarsku die publiek oor 'n toename in vals webwerwe. Hierdie vals webwerwe boots noukeurig wettige organisasies na en gebruik gekloonde handelsmerke en uitlegte om gebruikers te mislei. Onlangse gevalle het bekende Namibiese instellings geteiken, met vals webwerwe wat besoekers na verdagte…
3 Oct 11AM 1 min

Kommunikasiewerkers-unie kap SABC-bestuur oor laat salarisse

Die Kommunikasiewerkersunie beskuldig die SABC-bestuur dat hy werkers se regte, waardigheid en lewensbestaan ignoreer. Die vakbond sê werkers moet nog 50-persent van hul agterstallige salarisse vir die 2023/2024-boekjaar kry. Woordvoerder Moffat Seutlwadi sê die bestuur het boonop openlik verklaar daar sal geen salarisverhogings wees nie, wat beteken beloftes word verbreek…
3 Oct 11AM 1 min

Krieket Namibië besing FNB Eagles-span se prestasie

Namibië se nasionale krieketspan, die FNB Eagles, rig hul visier op goud terwyl hulle voorberei vir die IKR Mans T20 Wêreldbeker Afrika-streekfinaal. Die beslissende wedstryd word hierdie Saterdag by die Harare-sportklub gehou, waar Namibië teen die gasheerland, Zimbabwe, sal te staan kom. Terwyl beide spanne reeds hul plekke in die…
3 Oct 10AM 1 min

Nama en Ovaherero vat volksmoord-ooreenkoms hof toe

Volgende week neem Nama- en Ovaherero-verteenwoordigers die regering hof toe in 'n poging om 'n omstrede skadevergoeding-ooreenkoms wat tussen die regerings van Duitsland en Namibië onderteken is, van die hand te laat wys. Die groepe sê onder andere hulle is nie by die onderhandelinge betrek nie. Kosmos 94.1 Nuus het…
3 Oct 10AM 1 min