
Kommunikasiewerkers-unie kap SABC-bestuur oor laat salarisse
Loading player...
Die Kommunikasiewerkersunie beskuldig die SABC-bestuur dat hy werkers se regte, waardigheid en lewensbestaan ignoreer. Die vakbond sê werkers moet nog 50-persent van hul agterstallige salarisse vir die 2023/2024-boekjaar kry. Woordvoerder Moffat Seutlwadi sê die bestuur het boonop openlik verklaar daar sal geen salarisverhogings wees nie, wat beteken beloftes word verbreek en salarisse bly drie agtereenvolgende jare dieselfde: