Mandela se kleinseun in flottielje-drama

Loading player...
Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, se vrou pleit vir sy veilige terugkeer nadat Israelse magte die Global Sumud-flottielje onderskep het, met aktiviste, insluitend Suid-Afrikaners aan boord. Nosekeni Mandela het aan SABC News gesê die familie se laaste kontak was Woensdagoggend. Nosekeni sê Mandla het verplig gevoel om by die sending aan te sluit weens Gaza se humanitêre krisis. Sy sê die familie ondersteun hom ten volle, maar is bekommerd oor sy veiligheid:
4 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toegang tot grond = voedselsekerheid: oud-landbouminister

Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by 'n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld "Die…
20 Oct 11AM 1 min

Slot gefrustreerd oor Liverpool se swakhede

Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het…
20 Oct 11AM 1 min

Kom geniet Auas Hills aftreeoord se markdag!

Die Auas Hills aftreeoord hou 'n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.
20 Oct 10AM 1 min

ECN moenie publiek se vertroue skaad, sê kundige

Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die…
20 Oct 10AM 1 min