
Russell vat Grand Prix in Singapoer
Loading player...
Mercedes-renjaer George Russell het 'n oorheersende oorwinning in die Singapoer Grand Prix behaal, sy tweede van die seisoen. Red Bull se Max Verstappen en Lando Norris van McLaren het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Oscar Piastri moes met die vierde plek tevrede wees, en sy voorsprong bo spanmaat Norris is nou verminder tot 22 punte in die jaerskampioenskap. Intussen het McLaren die vervaardigerskampioenskap vir die tweede agtereenvolgende jaar beklink. Russell sê hy is tevrede met sy oorwinning: