
Analiste meen olie kan nog verder daal
Loading player...
Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die skerp daling in oliepryse, wat die vorige week afgesluit het met ‘n daling van meer as 8 persent op net bo 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit is tans net bo 65 dollar ‘n vat. Tussen Gaza, ‘n nuwe Koerdiese pyplyn en Opul se produksie verhogings, Sondag vasgestel op 137 000 ekstra vate daagliks vanaf November, is aanbod uiters hoog. Hy verduidelik.