
Fel kritiek op nuwe wet rakende grond
Loading player...
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, sê in 'n verslag oor die nuwe wet rakende landbougrond dat 'n totale verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond beleidsrisiko verhoog, kapitaal- en tegnologiebeleggers afskrik en die aandag aflei van die werklike beperkings op produktiwiteit en indiensneming. Kosmos 94.1 Nuus het met Eben de Klerk van Epra gepraat wat sy kommer uitspreek oor die wet.