
Dís hoekom Mariental pensioenarisse se skuld afgeskryf het
Loading player...
Die Mariental-munisipaliteit het senior burgers se agterstallige skuld van meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar afgeskryf. Ongeveer 249 pensioenarisse het hierby gebaat, na 'n besluit deur die raad tydens 'n vergadering wat verlede maand gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental se burgemeester, Cherien Kock, gepraat wat sê die besluit is geneem nadat na die bekommernisse van inwoners geluister is.