Alte Feste-restourasie sal N$60 miljoen kos

Loading player...
Restourasiewerk by die Alte Feste Museum is aan die gang en sal na verwagting binne die volgende jaar voltooi wees, ten spyte van die onttrekking van 'n Amerikaanse toelaag van 4 miljoen Namibiese dollar. Die projek word gelei deur die Namibia Craft Centre in vennootskap met die ministerie van kuns en kultuur. Die gebou, wat in 1890 gebou is, het uitgebreide skade gely as gevolg van waterindringing, stygende vog, termiete en algemene verrotting. Shareen Thude, hoofbestuurder van die Craft Centre, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die totale restourasiekoste op 60 miljoen dollar geraam word.
7 Oct 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toegang tot grond = voedselsekerheid: oud-landbouminister

Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by 'n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld "Die…
20 Oct 11AM 1 min

Slot gefrustreerd oor Liverpool se swakhede

Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het…
20 Oct 11AM 1 min

Kom geniet Auas Hills aftreeoord se markdag!

Die Auas Hills aftreeoord hou 'n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.
20 Oct 10AM 1 min

ECN moenie publiek se vertroue skaad, sê kundige

Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die…
20 Oct 10AM 1 min

Aktivis veg teen klagte oor riool by kliëntedienssentrum

Twee sake is teen die aktivis Shaun Gariseb aanhangig gemaak nadat hy saam met 'n groep ontevrede inwoners verlede Maandag menslike afval by die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort het. Die aanklagte, wat Vrydag deur die Windhoek Stadspolisie gelê is, sluit in aanhitsing tot openbare geweld en openbare…
20 Oct 10AM 1 min