Alte Feste-restourasie sal N$60 miljoen kos

Loading player...
Restourasiewerk by die Alte Feste Museum is aan die gang en sal na verwagting binne die volgende jaar voltooi wees, ten spyte van die onttrekking van 'n Amerikaanse toelaag van 4 miljoen Namibiese dollar. Die projek word gelei deur die Namibia Craft Centre in vennootskap met die ministerie van kuns en kultuur. Die gebou, wat in 1890 gebou is, het uitgebreide skade gely as gevolg van waterindringing, stygende vog, termiete en algemene verrotting. Shareen Thude, hoofbestuurder van die Craft Centre, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die totale restourasiekoste op 60 miljoen dollar geraam word.
7 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Giwusa veroordeel styging in brandstofpryse

Die vakbond Giwusa het kommer uitgespreek oor die jongste styging in brandstofpryse. Albei grade petrol kos van vandag 20-sent per liter meer terwyl die dieselprys met tussen 62- en 65-sent gestyg het, afhangend van die swaelinhoud. Giwusa se woordvoerder, Zaki Mamdoo, sê dit gaan ’n onmiddellike en rampspoedige gevolg hê…
4 Mar 5AM 1 min

Midde-Ooste: Kan nie einde sien nie, konflik bou nog

Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur vir die Britse regering, Lord Peter Ricketts sê hy kan nog nie ‘n de-eskalasie in die oorlog in Iran sien nie omdat die konflik nog bou. Wat kommerwekkend is, is dat Iran presies doen wat verwag was maar, nie die VSA of Israel het ‘n antwoord…
4 Mar 5AM 1 min

N$3,5m op Onafhanklikheidsvieringe

Onafhanklikheidsdag op 21 Maart sal vanjaar amptelik in al 14 streke gevier word, en nie net in een streek soos in die verlede nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die vieringe in Windhoek geniet. Die landswye vieringe gaan die land altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar kos. Kosmos 94.1 Nuus het met…
4 Mar 5AM 1 min

Sauma sê oor vergadering met IAEA

Sauma het sy teenkanting van die voorgestelde in-situ loging-uraanmynbouprojek in die Omaheke-streek sterk herhaal na 'n geslote vergadering met die Internasionale Atoomenergie-agentskap. Sauma-voorsitter Wolfgang Teichert sê hoewel die besprekings boeiend was, het hul standpunt nie verander nie.
4 Mar 5AM 1 min

Midde-Ooste: Plaaslike brandstofprys ondervanderd, vir nou

Kommer word uitgespreek oor Namibië se brandstofvoorraad na Iran die Straat van Hormuz gesluit het. Ongeveer 20 miljoen vate olie per dag is deur die seestraat verskeep, of sowat 20 tot 30 persent van die wêreldwye olieverbruik, asook 'n vyfde van die wêreld se vloeibare aardgas-vraag. Energieminister Modestus Amutse het…
4 Mar 5AM 1 min