
AAMP - Meesterplan sonder die boere
Loading player...
Terwyl die regering se Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan (AAMP) vanjaar in Stellenbosch geëvalueer word, voel verskeie landbou-organisasies uitgesluit — onder andere Saai, WRSA en ander wat reeds in 2022 kritiek gelewer het op die plan. Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, is die AAMP besig om sy doel te mis: dit bevorder politieke ideologie bo praktiese oplossings vir boere. Hoewel TLU SA hierdie keer wel genooi is, meen TLU SA en ander dat dit steeds ’n “meesterplan sonder boere” is.