Skole-aansoeke: is die syfers akkuraat?

Loading player...
Die Gautengse Departement van Onderwys het onlangs bekend gemaak dat 820 350 aanlyn aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-plek ontvang is, maar net 358 574 van hierdie aansoeke was uniek. Sekere skole, soos Hoërskool Akasia en Hoërskool Langenhoven, het aansienlik meer aansoeke ontvang as waarvoor plek beskikbaar is. Solidariteit Skoleondersteuning het egter kommer uitgespreek oor die deursigtigheid en akkuraatheid van die syfers wat deur die departement bekend gemaak word, en die impak wat veelvoudige aansoeke op skole kan hê. Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by SOS, verduidelik hoe hierdie kwessies die druk op skole verhoog en die noodsaaklikheid van ’n sentrale stelsel om duplisering te verminder.
16 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Wêreldslaapdag

13 Maart is Wêreldslaapdag, en vanjaar se tema is “Sleep Well, Live Better.” Die boodskap is eenvoudig maar kragtig: wanneer ons beter slaap, leef ons beter — fisies, emosioneel en geestelik. Wêreldslaapdag is ook ’n wêreldwye bewusmakingsveldtog waar slaapgesondheidskenners en voorstanders saamwerk om die gesprek oor gesonde slaapgewoontes groter en…
13 Mar 6AM 21 min

Snoete-goete: kan jou troeteldier saam emigreer?

Wanneer mense verhuis of selfs net met vakansie gaan, is dit nie net die tasse wat saam moet kom nie – ons troeteldiere is deel van die familie. Maar om met ’n hond, kat of selfs ’n voëltjie te reis, veral internasionaal, behels baie reëls, dokumentasie en soms selfs kwarantyn…
13 Mar 6AM 12 min

Wêreldbiddag vir Vroue

Vandag, 6 Maart is Wêreldbiddag vir Vroue. Die tema vanjaar is:  I Will Give You Rest: Come (Matthew 11: 28-30). Beatie Grobler van Lewende Woord het met Sarina kom gesels oor die krag van gebed en sommer ook vir ons gebid.
6 Mar 5AM 8 min

Groen Vingers Vrydag - 6 Maart

Jimie Malan van Plantland is terug in die ateljee om al jou tuinvrae te beantwoord. Vandag gesels ons oor wurms en kunsmis.
6 Mar 5AM 5 min