Skole-aansoeke: is die syfers akkuraat?

Loading player...
Die Gautengse Departement van Onderwys het onlangs bekend gemaak dat 820 350 aanlyn aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-plek ontvang is, maar net 358 574 van hierdie aansoeke was uniek. Sekere skole, soos Hoërskool Akasia en Hoërskool Langenhoven, het aansienlik meer aansoeke ontvang as waarvoor plek beskikbaar is. Solidariteit Skoleondersteuning het egter kommer uitgespreek oor die deursigtigheid en akkuraatheid van die syfers wat deur die departement bekend gemaak word, en die impak wat veelvoudige aansoeke op skole kan hê. Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by SOS, verduidelik hoe hierdie kwessies die druk op skole verhoog en die noodsaaklikheid van ’n sentrale stelsel om duplisering te verminder.
16 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Die Geskenkhuisie

Die Geskenkhuisie Kersmark was ‘n groot sukses en die besoekers aan die mark het die Gemeenskapsprojek vir 2025 met soveel liefde en mooi harte ondersteun. Hul het daarop gefokus om toiletware vir behoeftige bejaardes in te samel. Barbara van Rooyen van Die Geskenkhuisie het by Sarina kom draai om die…
8 Jan 5AM 12 min

VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van…
11 Dec 2025 4AM 8 min

Mees Innoverende Skoolhoof 2025: Mev Hettie Smith (Laerskool Danie Malan)

Mev. Hettie Smith van Laerskool Danie Malan is onlangs as die Mees Innoverende Skoolhoof van die Jaar 2025 gekroon tydens Solidariteit Skole ondersteuningsentrum se nasionale Onnieveerder toekennings — ’n prestasie uit ’n rekordveld van 63 top-skoolhoofde. Haar werk getuig van kreatiewe leierskap, onwrikbare deursettingsvermoë en ’n diep liefde vir onderwys…
10 Dec 2025 7AM 12 min