Andrew: Virgina Giuffre se familie sê dis haar oorwinning

Loading player...
Terwyl Andrew alle aantygings oor sy verhouding met Jeffrey Epstein ontken, het sy broer koning Charles begin om sy koninklike titels te ontneem en hom uit die koninklike landgoed in Windsor te sit. Virginia Giuffre wat jare lank sê Andrew het haar seksueel misbruik, se familie het in reaksie hierop verklaar dat ‘n gewone meisie, uit ‘n gewone familie, ‘n prins onttroon het. Max Foster van CNN het die besonderhede.
31 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Macpherson moet Brasilië reiskostes terugbetaal

ActionSA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, versoek om 839 000 Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat bestee is aan 'n reis na Brasilië, waarheen hy na bewering sy lewensmaat geneem het ondanks regsadvies daarteen. Malebo Kobe van die party sê die jongste berig deur City…
2 Mar 1AM 1 min

Trump waarsku oor verdere Amerikaanse ongevalle

President Donald Trump sê daar sal waarskynlik nog Amerikaanse ongevalle wees as deel van Operasie Epic Fury in Iran. Drie Amerikaanse soldate is tydens die operasie dood en vyf ander is ernstig gewond. Iran se opperleier Ali Khamenei is Saterdag in gesamentlike aanvalle deur Amerika en Israel dood. Iran het…
2 Mar 12AM 1 min

SA se Jarvis vat SA Ope, bespreek plek in Meesters, Britse Ope

Die plaaslike gunsteling, Casey Jarvis, het die Suid-Afrikaanse Ope in Stellenbosch met drie houe gewen en agtereenvolgende Europese Toer-seges behaal nadat hy verlede Sondag ook die Keniaanse Ope gebuit het. Die 22-jarige Jarvis het drie onder 67 in die laaste ronde aangeteken. Die Spanjaard Francesco Laporta, Frederic Lacroix van Frankryk…
2 Mar 12AM 1 min

Reaksie op studie wat bevind meer welstand, meer geestesgesondheid uitdagings

Reaksie word ontvang oor die 2025 Globale Geestesgesondheidsverslag deur Sapien Labs wat bevind het dat jongmense in hoë-inkomstelande meer met hul geesteswelstand sukkel as die jeug in baie ontwikkelende streke. Faktore sluit in vroeër toegang tot slimfone, diëte wat baie ultra-verwerkte voedsel bevat, spiritualiteit en gesinsbande. Kosmos 94.1 Nuus het…
1 Mar 11PM 1 min

Olie styg, mark is uiters onstabiel en onseker

Ná die Amerikaanse en Israeliese militêre aanvalle op Iran die naweek, staal die wêreld se oliemarkte hulle vir 'n skerp prysstyging. Ontleders sê Brent-ru-olie kan vandeesweek met 9 persent tot 10 persent styg, wat pryse tot 80 Amerikaanse dollar per vat kan opstoot. Kenners waarsku dat onsekerheid hoog bly oor…
1 Mar 11PM 1 min