VERSKILMAKERS: ZA Cheetah Conservation
Loading player...
Vandag in Verskilmakers hoor ons ’n storie van liefde, moed en ’n ma se besluit om hoop te kies ná ondenkbare verlies.
Bianca Pretorius se dogtertjie, Isabella, is in 2016 gebore met ernstige gesondheidsprobleme en is ná ’n lang en dapper stryd in 2024 oorlede aan Diamond Blackfan Anemia – ’n uiters seldsame bloedtoestand. Ten spyte van jare in hospitale en pyn, was Isabella ’n kind vol lig, liefde en ’n besondere passie vir diere, veral groot katte soos jagluiperds.
Bianca het belowe om Isabella se droom voort te sit deur ander te leer oor bewaring. Sy werk tans aan ’n kinderboek en het ’n nie-winsgewende organiasasie genaamd, Save A Spot For Isabella (SASFI), op die been gebrnk wat projekte sal ondersteun by ZA Cheetah Conservation in Bela-Bela/Warmbad. Hierdie projek eer Isabella se lewe deur hoop en bewaring hand aan hand te laat loop — en om jong kinders te leer hoe belangrik dit is om diere en die natuur te beskerm.