VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

Loading player...
Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van Prof. Jerome Loveland het hulle nie net fasiliteite opgegradeer nie, maar ook die hart van pediatriese sorg verander: van emosionele ondersteuning en kreatiewe programme tot die opleiding van die volgende generasie spesialiste. Vandag gesels ons met Prof. Loveland oor dié eerste tien jaar, die uitdagings, en die toekoms van kinderchirurgie in Suid-Afrika.
11 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Spreading the Love

Vandag gesels ons met Lizelle Marucchi, die stigter van die nie-winsgewende organisasie Spreading the Love. Wat in 2014 in haar eie kombuis begin het met kos vir gesinne wat alles verloor het, het vandag gegroei tot ’n beweging van mense wat hande vat om hoop te versprei.
30 Jan 5AM 10 min

Produktiwiteitswenke met Helen Nicholson

Ons gesels vandag met Helen Nicholson, ook bekend as die “Networking Queen”. Sy is die stigter en uitvoerende hoof van The Networking Company, ’n topverkoper-outeur van vier sakeboeke, en ’n kenner op die gebied van produktiwiteit, persoonlike kragvaardighede en bewustheid. Helen help mense om slimmer te werk – nie net…
27 Jan 5AM 19 min

Snoete-goete: skeidingsangs by troeteldiere

Sarina gesels met Dr Marius Louw van Accuvet oor skeidingsangs by troeteldiere, hoe om dit betyds raak te sien, en wat jy kan doen om jou viervoetige vriende veilig en rustig agter te laat wanneer jy met vakansie gaan.
23 Jan 5AM 9 min