BOSA vra nasionale ondersoek na leerdervervoer

Loading player...
Build One South Africa vra vir 'n landwye ondersoek na die leerdervervoerstelsel. Dit volg op die dood van 12 leerders hierdie week terwyl hulle skool toe vervoer is in Vanderbijlpark in Gauteng. Die party wil hê die ondersoek moet bestuurdersopleiding, voertuigveiligheid, oorlaaide voertuie en die afdwing van regulasies hersien. BOSA waarsku teen die uitbreiding van die stelsel sonder dringende hervormings. Woordvoerder Roger Solomons sê onveilige vervoer plaas leerders se lewens in gevaar, en hy versoek die regering om onmiddellik op te tree:
21 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump vaar weer uit teen Navo

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in…
8 Jul 1AM 1 min

Los eerder wilde sampioene uit

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai…
8 Jul 1AM 1 min

Noa gesels oor 20 jaar by die ACC

Die stigtersdirekteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, berei voor om die instelling op 31 Julie te verlaat, wat 'n 20-jaar lange ampstermyn aan die stuur van Namibië se korrupsiewaghond tot 'n einde bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Noa besin oor die afgelope 20 jaar. Hy sê…
8 Jul 1AM 1 min

Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan

Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië…
8 Jul 12AM 1 min