Ruben Namibia gesels oor Cindy die bobbejaan

Loading player...
Ons groet vandag ’n ware dier-ikoon – Cindy Crawford, die bobbejaanwyfie wat vir meer as 30 jaar deel was van Ruben Lambrechts en sy familie se unieke dieregemeenskap op Simmenau in Namibië. Cindy het wêreldwyd harte gesteel met haar avonture, haar sagtheid en haar besondere band met mense én diere. Vandag gesels ons met TikTok ster Ruben Lambrechts – nie net oor Cindy nie, maar ook oor die groter prentjie van bewaring, respek vir diere en saamleef met die natuur.
22 Jan 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Troeteldieropleiding

Baie troeteldiereienaars is lief vir hul honde, maar weet nie altyd hoe om ongewenste gedrag reg te hanteer nie — van trek aan die leiband tot oormatige blaf en skeidingsangs. Goeie opleiding gaan nie net oor gehoorsaamheid nie, maar oor beter kommunikasie tussen mens en dier. Vandag gesels ons met…
20 Feb 5AM 9 min

VERSKILMAKERS: DogtownSA

In die Hennopsberge is daar ’n besondere plek waar elke dag met HOOP begin – Dogtown SA. Dis hier waar honde wat alles verloor het, weer leer om te vertrou, lief te hê en te leef. Vandag gesels ons met Elanza Kloppers, een van die mense wat daagliks ’n tasbare…
19 Feb 5AM 10 min

Aktualiteit: Oppas vir onwettige vullers en botox!

Na aanleiding van ‘n toename in onwettige lip- en gesigsvuller-inspuitings wat ernstige, soms onomkeerbare skade aanrig, gesels ons vandag met Dr Esmari du Toit, ’n geregistreerde estetiese dokter van Untouched, oor die werklike gevare van kwaksalwers, hoe pasiënte hulself kan beskerm, en wat dringend in Suid-Afrika moet verander.
18 Feb 3AM 7 min

Dok, is dit normaal dat my voete brand as ek in die bad klim?

Dr Dirk Lombard, algemene praktistyn van Kempton Park, beantwoord Lucille se vraag: "Ek wil graag weet is dit normaal wanneer ek in die bad klim brand my voete erg baie voel of ek in kook water in klim maar, tog is die water nie so warm nie. Dis net my…
17 Feb 5AM 3 min