ActionSA se president Herman Mashaba is die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Johannesburg in die komende munisipale verkiesing. Mashaba was van 2016 tot 2019 die stad se DA-burgemeester. Hy het in sy aanvaardingstoespraak gesê ActionSA bied kiesers geleentheid om Johannesburg se verval te keer. Mashaba het Operation Fix Joburg…
Die Amerikaanse geheime diens sê hy het die 21-jarige Austin Tucker Martin doodgeskiet na hy probeer het om president Donald Trump se Mar-a-Lago-woning in Palm Beach, Florida, binne te gaan. Trump was in Washington, DC. Spesiale agente en 'n adjunk van die Palm Beach sheriff se kantoor het die man…
Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop,…
Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse vanaf Biogénesis Bagó in Argentinië. Die organisasie sê boere moet nou die kwarantynmaatreëls, bewegingbeperkings en waarneming nakom om die uitbreking te bekamp. Bennie van Zyl van TLU SA beklemtoon dat die privaat sektor by die inentingsprogram…
Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.