Miljoene uit Japan gee landbou 'n hupstoot

Loading player...
Japan het bykans drie miljoen Amerikaanse dollar – sowat 48 miljoen Namibiese dollar – geskenk vir ‘n projek om boere te help om droogte die hoof te bied en voedselsekuriteit te verbeter. Ongeveer 6 000 huishoudings sal hierby baat. Die projek is Saterdag in samewerking met die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies en die landbouministerie op Otjiwarongo van stapel gestuur. Landbouminister Inge Zaamwani was een van die sprekers:
8 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mielie-oes: Namibië sukkel met groot bergingstekort

Namibië se geprojekteerde mielie-oes van meer as 120 000 ton ontbloot 'n groot bergingstekort, met die land wat net meer as 50 000 ton kan stoor. Bedryfsleiers waarsku dat die gaping aansienlike druk op boere, meulenaars en die breër landbousektor kan plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van…
5 Jul 6AM 1 min

Chery moet jeug ondersteun, sê Mashatile

Die adjunkpresident, Paul Mashatile, het Chery Internasionaal aangespoor om plaaslike verskaffers, veral jeugbesighede, te ondersteun namate hy sy bedrywighede in Suid-Afrika uitbrei. Mashatile het by die voormalige Nissan-aanleg in Rosslyn, Tshwane, gesê die belegging behoort werksgeleenthede te skep, vaardighede te ontwikkel en plaaslike besighede help om te groei. Hy het…
5 Jul 5AM 1 min

NWR moet sokkies optrek, berispe kenner

Die kabinet het in Mei vir Margareth Gustavo vir twee jaar as die interim besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts aangestel, en het terselftertyd 'n strategiese plan saam met NWR se bestuur geloods. Die plan het ten doel om die operasionele doeleindes van die semi-staatsinstelling te verbeter. NWR het al…
5 Jul 5AM 1 min

'Onwettige busoperateurs vuur migrasiekrisis aan'

Midde betogings teen migrante wat elke Donderdag sal plaasvind, eis die African Unite Borders Bus Trucks Association aanspreeklikheid van die owerhede oor onwettige operateurs wat ongedokumenteerde migrasie binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap fasiliteer. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, beskuldig die hoof van wetstoepassing van die Oorgrens Padvervoeragentskap, Simon Ditshego,…
5 Jul 3AM 1 min

Staatsamptenare boos oor nuwe voertuigbelasting

Die Vereniging van Staatsamptenare het berigte sterk veroordeel, oor 'n voorgestelde nuwe voertuigbelasting wat daarop gemik is om die finansiële uitdagings by die Padongelukkefonds aan te spreek. Die woordvoerder van die vakbond, Claude Naicker, sê die finansiële uitdagings waarmee die fonds te kampe het, is grootliks die gevolg van jare…
5 Jul 2AM 1 min