Pretoria Instituut vir Argitektuur: Voices & Visions kompetisie

Loading player...
Donette Werkman is die president van die Pretoria Instituut vir Argitektuur en een van die dryfkragte agter Voices & Visions — ’n nuwe argitektuurtoekenningsplatform wat argitektuur uit die handboeke haal en teruggee aan die mense wat dit daagliks beleef. Hierdie inisiatief nooi die publiek om saam te praat oor watter geboue en ruimtes werklik saak maak, en plaas emosie, ervaring en gemeenskapswaarde sentraal in hoe uitnemendheid erken word.
24 Feb 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

April fools grap gaan GROOT

Wat begin het as 'n prettige plasing op die "Ek's van die Ooste"-Facebookgroep, waarin Wendy Ward vir haar man 'n April Fool's poets wou bak, het vinnig ontaard in GROOT pret vir die mense van die Ooste. Sarina gesels met Donovan Ward - die "slagoffer" van die poets.
2 Apr 5AM 6 min

VERSKILMAKERS: Dinner in the Dark

Dinner in the dark is 'n unieke fondsinsamelingsprojek deur Prinshof Skool vir leerders met siggestremdheid, waar besoekers 'n driegangmaaltyd geniet terwyl hul geblinddoek is! So ervaar 'n mens hoe dit voel om werklik nie te kan sien nie! Sarina het in Mid-Oggend met Andrea Niemand en skoolhoof, Karin Swart oor…
2 Apr 4AM 11 min

Entrepreneurskapsreeks: Hoe bly 'n mens gemotiveerd?

Werner Coetzee het SMPL Skin begin terwyl hy steeds voltyds in die korporatiewe wêreld gewerk het. Hy gee raad oor hoe 'n mens daagliks gemotiveerd kan bly op jou entrepreneurskapsreis en wanneer jy gereed is om jou "side hustle" in jou voltydse werk te omskep.
1 Apr 6AM 9 min

Dok, is dit normaal dat my kleuter sekere klanke omruil?

Michelle wou uitvind of dit normaal is dat haar 18-maand oue kleuter die "sk" klank in "skaap" of "skop" omruil met die "g" klank. Coralié Vermaak is 'n spraakterapeut en oudioloog van Menlo Park en sy beantwoord Michelle se vraag volledig.
31 Mar 6AM 3 min

Groen Vingers Vrydag - 27 Maart

Jimie Malan van Plantland kom beantwoord luisteraars se tuinmaakvrae en ons gesels oor die Malanseuns Garden Festival!
27 Mar 6AM 8 min