
Snoete-goete: kan jou troeteldier saam emigreer?
Loading player...
Wanneer mense verhuis of selfs net met vakansie gaan, is dit nie net die tasse wat saam moet kom nie – ons troeteldiere is deel van die familie. Maar om met ’n hond, kat of selfs ’n voëltjie te reis, veral internasionaal, behels baie reëls, dokumentasie en soms selfs kwarantyn. Vandag gesels ons met Yvette Stark en Bianca Verster van Petport, ‘n geregistreerde troeteldier-reismaatskappye, oor hoe die proses werk en wat troeteldiereienaars moet weet voordat hulle met hul viervoetige vriende reis.





