Entrepreneurskapsreeks: die emosionele werklikheid van entrepreneurskap

Loading player...
Entrepreneurskap lyk van buite af dikwels glansryk – vryheid, sukses, beskikbaarheid tot jou eie tyd en die bou van ‘n nalatenskap. Maar agter die skerms lê daar ’n minder sigbare werklikheid: emosionele druk, onsekerheid, alleenheid en die konstante gewig van verantwoordelikheid. Vandag gesels Linda van der Walt van LND en PLAASLIK oor die emosionele werklikhede van entrepreneurskap.
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Entrepreneurskapsreeks: Hoe jonk kan 'n mens begin?

Met Suid-Afrika se hoë vlakke van jeugwerkloosheid word entrepreneurskap al hoe meer gesien as ’n belangrike pad na ekonomiese geleenthede. Een persoon wat baie tyd en energie belê om jong mense te inspireer, is Albert van Wyk. Deur sy projek Maak My ’n Miljoenêr, reis hy regoor die land om jongmense…
22 Apr 6AM 9 min

Aktualiteit: Verwag swaar reën in Pretoria

Terwyl dele van Suid-Afrika tans onder ’n Geel Vlak 4-weerwaarskuwing val, word inwoners van Gauteng gewaarsku om op hul hoede te wees vir erge donderstorms wat tot oorstromings, infrastruktuurskade en kragonderbrekings kan lei. In Pretoria en omliggende gebiede word reën en donderbuie veral oor die volgende paar dae verwag, wat…
22 Apr 6AM 5 min

Is dit werklik nodig om die griepinenting te kry? Dr Angelique Coetzee beantwoord ons vrae

Die griepinenting bied beskerming teen vier algemene influensastamme wat elke jaar sirkuleer. Dit help om die risiko van siekte en ernstige komplikasies te verminder, veral tydens die wintermaande wanneer griep seisoen piek. Jaarlikse inenting is belangrik omdat die virus voortdurend verander en kwesbare groepe die meeste geraak word. Sarina gesels…
21 Apr 5AM 8 min

Screen Her Save Her

Screen Her Save Her se jaarlikse borskankerbewusmakingsveldtog, in samewerking met Atterbury Trust, skop Dinsdag 21 April af by die Castle Gate Lifestyle Winkelsentrum. Hierdie veldtog bring mobiele siftingseenhede met mammografie- en ultraklankdienste direk na gemeenskappe en vroue wat nie altyd toegang het tot hierdie dienste nie. Sarina gesels met Danelle…
17 Apr 6AM 12 min

Is dit werklik goedkoper om 'n elektriese voertuig te ry?

Tegnologiejoernalis by MyBroadband, Hanno Labuschagne deel sy eerstehandse ervaring met ’n elektriese voertuig (EV). Oor 15 000 km het hy sowat R10 000 minder aan energie bestee as wat petrol sou kos. Hy gesels oor die werklike kostes, praktiese uitdagings en voordele van EV-eienaarskap in Suid-Afrika.
17 Apr 6AM 16 min