
Aktualiteit: Verwag swaar reën in Pretoria
Loading player...
Terwyl dele van Suid-Afrika tans onder ’n Geel Vlak 4-weerwaarskuwing val, word inwoners van Gauteng gewaarsku om op hul hoede te wees vir erge donderstorms wat tot oorstromings, infrastruktuurskade en kragonderbrekings kan lei. In Pretoria en omliggende gebiede word reën en donderbuie veral oor die volgende paar dae verwag, wat die risiko’s verder verhoog. Ons sluit aan by Michelle du Plessis van Vox weather.




