Aktualiteit: Hantavirus - moet ons bekommerd wees?

Loading player...
Gesondheidsowerhede maan dat daar tans geen rede vir openbare paniek is oor hantavirus nie, ondanks berigte van twee buitelandse toeriste wat dood is en ’n derde wat in ’n Johannesburgse hospitaal behandel is nadat hulle siek geword het aan boord van ’n passasierskip. Die Departement van Gesondheid sê hy is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in kennis gestel van gevalle op die MV Hondius, wat van Ushuaia in Argentinië na die Kanariese Eilande onderweg was. Volgens die departement is slegs twee van die geraakte passasiers in Suid-Afrika. Hantavirus bly ’n skaars maar potensieel ernstige siekte wat deur knaagdiere versprei word. Ons gesels nou met dr. Angelique Coetzee, Ondervoorsitter UFFP (Unity Forum for Family Practitioners.
6 May 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Helpende Hand Vrywilligers

Solidariteit Helpende Hand het verskeie takke regoor Suid-Afrika en is uiters afhanklik van vrywilligers om hul werksaamhede te ondersteun. Mariana Kriel van Helpende Hand vertel ons meer.
14 May 5AM 9 min

ABC van Ouerskap: B - Borsvoeding (Natascha Olivier)

Borsvoeding is baie meer as net voeding: dit is ook troos, beskerming, ‘n band tussen jou en jou kind, en ‘n belangrike belegging in jou kind se gesondheid en ontwikkeling. Dit is ook belangrik om te sê dat hierdie gesprek nie gaan oor oordeel of skuldgevoelens vir ma’s wat formule…
12 May 4AM 13 min

Wêreldwagwoorddag - Prof Basie von Solms

7 Mei is Wêreldwagwoorddag—’n goeie herinnering dat ons digitale veiligheid by iets so eenvoudig soos ’n wagwoord begin. Met kubermisdaad wat wêreldwyd toeneem, is dit belangriker as ooit om seker te maak jou aanlyn profiele is beskerm. Ons gesels vandag met Basie von Solms, een van Suid-Afrika se voorste kubersekuriteitskenners,…
8 May 7AM 8 min

8 Mei - Afrikaansdag

Vandag vier ons Afrikaansdag – ’n dag waarop ons die ryk geskiedenis, unieke karakter en blink toekoms van Afrikaans vier. Afrikaans is meer as net ’n taal; dit is vir baie mense die taal van huis, hart, musiek, stories en identiteit. En wie beter om saam met ons oor Afrikaans,…
8 May 7AM 9 min