VERSKILMAKERS: Operation Healing Hands

Loading player...
Op 14 Junie pak Neels Janse van Rensburg die ikoniese Comrades Marathon aan — nie net vir die medalje nie, maar vir ’n saak wat sy hart diep raak. Hy hardloop ten bate van Operation Healing Hands, ’n organisasie wat lewensveranderende operasies moontlik maak vir mense wat dit nie kan bekostig nie. Hierdie jaar hardloop hy spesifiek vir Paul Vorster van NG Gemeente Silvertonkruin, wat dringend ’n skouervervangingsoperasie benodig om weer te kan werk en sy waardigheid terug te kry. Neels, Paul en Helene Basson van Operation Healing Hands het by Sarina aangesluit.
7 May 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Aktualiteit: Leer ken jou burgemeesterskandidate

Twee van Pretoria se Burgemeesterskandidate, Cilliers Brink van die DA en Willie Spies van die VF+, het by Sarina kom inloer in Mid-Oggend. Ons leer ken die manne agter die name 'n bietjie beter.
15 Jul 4AM 26 min

ADHD Bewusmakingsdag: Die Van der Walts se getuienis

Anel se lewe het in ’n oogwink verander ná ’n traumatiese motorongeluk wat haar gesin diep geraak het. Deur hierdie uitdagings het sy en haar gesin hul pad gevind na Transvalia Skool – ’n plek waar kinders met unieke leerbehoeftes, insluitend ADHD en disleksie, nie net aanvaar word nie, maar…
14 Jul 5AM 16 min

ABC van Ouerskap - I: Inentings

Hierdie week in die ABC van Ouerskap fokus ons op die letter I vir Inentings. Inentings is een van die mees doeltreffende maniere om kinders teen ernstige siektes te beskerm, maar dit is ook 'n onderwerp waaroor baie ouers vrae en soms onsekerheid het. Om feite van mites te onderskei,…
15 Jul 2AM 6 min

Snoete-goete: Community Pets

Elke troeteldiereienaar se grootste vrees is dat hul hond of kat eendag verdwyn. Gelukkig maak tegnologie dit al makliker om verlore troeteldiere weer met hul gesinne te herenig. Community Pets is 'n Suid-Afrikaanse toepassing wat gemeenskappe, veeartse, diereskuilings en troeteldiereienaars saambring om verlore en rondlopende diere vinniger op te spoor…
10 Jul 4AM 6 min

ATKV Applous: Lesedi Primary School dring deur na finaal

Die Lesedi Primary School-koor van Soshanguve het vir die tweede jaar agtereenvolgens deurgedring na die ATKV Applous-koorkompetisie se nasionale eindronde in Kaapstad. Vir hierdie leerders is dit 'n ongelooflike prestasie, maar hulle het steeds finansiële ondersteuning nodig om hul droom te verwesenlik. Vandag gesels ons met die koor se dirigent,…
9 Jul 6AM 5 min