Kopskuif - 9 Mei 2026

Loading player...
Met die skerp toename in diagnoses soos ADHD, disleksie en ander soortgelyke toestande, word baie kinders – en selfs volwassenes – té vinnig as abnormaal geëtiketteer. Die werklikheid is egter dikwels veel meer bemoedigend – ons het nie te doen met abnormaliteit nie, maar eerder met gewone kinders en volwassenes wat abnormale gedrag toon in reaksie op onderliggende uitdagings. Mercia Eksteen gesels vandag met Prof. Jannie Ferreira oor sy boek 'Lees en Leer frustrasies – ’n boodskap van hoop'.
Kom luister hoe Prof. Jannie die faktore wat hierdie gedrag veroorsaak bespreek, met praktiese toeligting om die wortel van die probleem aan te spreek, en daarmee saam die geleentheid skep om lewens positief te verander.
9 May Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

ATKV inisiatiewe

Die ATKV bemagtig al dekades lank deelnemers en gemeenskappe om in hul toekoms te belê deur projekte wat taal, kultuur en gemeenskapsontwikkeling sigbaar maak. Vandag gesels Angie Gallagher op Kopskuif oor die wye verskeidenheid inisiatiewe wat uit die ATKV spruit. Sy vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en…
18 Jul 40 min

Monique Pieterse kom deel haar reis met veelvuldige sklerose

Sommige gevegte is nie sigbaar vir die oog nie, maar dit maak dit nie minder werklik nie. Monique Pieterse kom deel haar reis met veelvuldige sklerose – ’n verhaal van uitdagings en hoop. Sy vertel hoe haar onwrikbare geloof haar deur die donkerste tye gedra het, hoe die liefde en…
11 Jul 45 min

ATKV-Tienertoneel - 'n ruimte om te groei

In Kopskuif gesels Sebastian van Niekerk oor ATKV-Tienertoneel as ’n ruimte om te groei, en om te leer hoe om met selfvertroue in die wêreld – en op die verhoog – te staan. Sebastian gesels oor deelname aan die ATKV se projek wat jou net nie aan kompetisie en kreatiewe…
4 Jul 30 min

Persoonlike ontwikkeling & Tapas vir die reis

In vandag se episode van Kopskuif, kom gesels bekende sielkundige, dr. Eugene Kemp, vanuit ’n sterk geloofsbasis oor persoonlike ontwikkeling. Hy deel ook meer oor sy nuutste boek, ‘Tapas vir die reis’ – ’n versameling van 100 inspirerende stories uit sy radio- en sosialemediaplatforms wat jou ’n hupstoot gee op…
27 Jun 40 min

Eksamen-tyd

Junie is sinoniem met eksamen. Regoor die land sit leerders met hul neuse diep in die boeke. Vir baie gesinne beteken hierdie tyd nie net harde werk nie, maar ook spanning. Vandag gesels Sanet Grobler van Illuminated Growth op Kopskuif en deel praktiese wenke om kinders én ouers te help…
20 Jun 33 min