Dissipline is vir baie ouers een van die grootste uitdagings in ouerskap. Hoe dissiplineer mens met liefde, maar steeds met grense? Vandag gesels ons met Venette Auret oor praktiese dissiplinewenke, ouderdomsgepaste grense en hoe om kinders te lei sonder om die verhouding te beskadig.
1 Junie is Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag – ’n dag wat fokus op die emosionele en sielkundige impak van toksiese en manipulerende verhoudings. Baie mense beleef narsisistiese mishandeling sonder om dit onmiddellik raak te sien, omdat dit dikwels subtiel begin en met skuldgevoelens, beheer, manipulasie en emosionele uitputting gepaardgaan. Vandag gesels ons…
Jimi Malan en die span van Plantland en Malanseuns het R120 000 bygedra tot GROOTfm se GROOT GEE Week. Jimi vertel hoe dié besigheid deur sabotasie geraak is en hoe die Here ook vir hom en sy span uitkoms gebring het.
Pieter Grobbelaar is 'n avokadoboer van Tzaneen-omgewing en hy kom vertel eerstehands watter uitdagings die boere in die gesig staar en hoe SAAI hierdie boere daagliks bystaan.
Elize Visser, Christa Botes en Hester Bester vertel van die waarde van terapie en hoe Eleos die dames in hul gemeenskap help om weer met waardigheid en selfvertroue die lewe in die oë te kyk.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.