Kopskuif - 30 Mei 2026

Loading player...
"As jy nie weet watter kant toe nie, kies anderkant toe. Bly net aan die beweeg! Dit is nodig om soms af te skakel of selfs vir ’n ruk stil te staan, maar moenie stagneer nie. Dit is die enigste manier om by die anderkant uit te kom!” Só sê die gewilde en geliefde kunstenaar, Leon Ferreira.
Kom luister hoe Leon – wat al langer as 30 jaar deel is van die Suid-Afrikaanse kontemporêre Christelike musiekbedryf en bekend is vir sy diep lirieke in Engels én Afrikaans – gesels oor sy musiekloopbaan, sy pad ná ’n kankerdiagnose en sy opwindende nuwe projek, ANNEKANTOE
30 May Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

ATKV inisiatiewe

Die ATKV bemagtig al dekades lank deelnemers en gemeenskappe om in hul toekoms te belê deur projekte wat taal, kultuur en gemeenskapsontwikkeling sigbaar maak. Vandag gesels Angie Gallagher op Kopskuif oor die wye verskeidenheid inisiatiewe wat uit die ATKV spruit. Sy vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en…
18 Jul 40 min

Monique Pieterse kom deel haar reis met veelvuldige sklerose

Sommige gevegte is nie sigbaar vir die oog nie, maar dit maak dit nie minder werklik nie. Monique Pieterse kom deel haar reis met veelvuldige sklerose – ’n verhaal van uitdagings en hoop. Sy vertel hoe haar onwrikbare geloof haar deur die donkerste tye gedra het, hoe die liefde en…
11 Jul 45 min

ATKV-Tienertoneel - 'n ruimte om te groei

In Kopskuif gesels Sebastian van Niekerk oor ATKV-Tienertoneel as ’n ruimte om te groei, en om te leer hoe om met selfvertroue in die wêreld – en op die verhoog – te staan. Sebastian gesels oor deelname aan die ATKV se projek wat jou net nie aan kompetisie en kreatiewe…
4 Jul 30 min

Persoonlike ontwikkeling & Tapas vir die reis

In vandag se episode van Kopskuif, kom gesels bekende sielkundige, dr. Eugene Kemp, vanuit ’n sterk geloofsbasis oor persoonlike ontwikkeling. Hy deel ook meer oor sy nuutste boek, ‘Tapas vir die reis’ – ’n versameling van 100 inspirerende stories uit sy radio- en sosialemediaplatforms wat jou ’n hupstoot gee op…
27 Jun 40 min

Eksamen-tyd

Junie is sinoniem met eksamen. Regoor die land sit leerders met hul neuse diep in die boeke. Vir baie gesinne beteken hierdie tyd nie net harde werk nie, maar ook spanning. Vandag gesels Sanet Grobler van Illuminated Growth op Kopskuif en deel praktiese wenke om kinders én ouers te help…
20 Jun 33 min