
Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag
Loading player...
1 Junie is Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag – ’n dag wat fokus op die emosionele en sielkundige impak van toksiese en manipulerende verhoudings. Baie mense beleef narsisistiese mishandeling sonder om dit onmiddellik raak te sien, omdat dit dikwels subtiel begin en met skuldgevoelens, beheer, manipulasie en emosionele uitputting gepaardgaan. Vandag gesels ons met Dr Melané van Zyl, verbonde aan die SA vereniging van psigiaters oor die tekens, impak en genesingsproses van narsistiese mishandeling.

