ABC van Ouerskap - E: Emosionele intelligensie

Loading player...
Ons ABC van Ouerskap-reeks bring ons vandag by die letter E – vir Emosionele Intelligensie. Emosionele intelligensie, of EQ, help kinders om hulle eie emosies te verstaan, te bestuur, empatie vir ander te ontwikkel en gesonde verhoudings te bou. Navorsing wys selfs dat kinders met sterk emosionele vaardighede dikwels beter akademies presteer, minder angs ervaar en sterker sosiale bande vorm. Vandag gesels ons met Mizanne van der Berg van EQ4Kids oor hoe ouers hierdie belangrike vaardighede reeds van kleins af kan help ontwikkel.
9 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums

Misdaad bly een van die grootste uitdagings waarmee gemeenskappe in Pretoria daagliks te kampe het. Van huisbrake en voertuigmisdaad tot bedrog en veiligheidskwessies in woonbuurte – inwoners is toenemend afhanklik van samewerking tussen die SAPD, Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's), sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap self. Vandag gesels ons met verteenwoordigers van verskeie GPF's…
24 Jun 6AM 24 min

Wêreld Allergieweek

Wêreld Allergieweek word van 21 tot 27 Junie wêreldwyd gehuldig en vanjaar val die fokus op die boodskap dat allergiebehandeling noodsaaklike gesondheidsorg is. Allergiese siektes soos asma, voedselallergieë, ekseem en hooikoors neem wêreldwyd toe en raak miljoene mense se daaglikse lewe, werk, skool en gesondheid. Om meer hieroor te gesels,…
24 Jun 6AM 9 min

Midjaar-uitbranding - Anja van Beek

Ons is amper halfpad deur die jaar, en vir baie mense begin die druk van sperdatums, werkverpligtinge en persoonlike verantwoordelikhede nou ophoop. Dit kan lei tot uitputting, stres en selfs uitbranding. Maar hoe weet jy wanneer jy bloot moeg is, en wanneer jy op pad is na ernstige uitbranding? Ons…
23 Jun 6AM 19 min

ABC van Ouerskap- F: Finansies

Ons ABC van Ouerskap-reeks bring ons vandag by die letter F – Finansiële beginsels. Baie ouers wonder wanneer en hoe hulle kinders oor geld moet leer, maar kenners sê finansiële gewoontes en ingesteldhede word reeds op ’n jong ouderdom gevorm. Ons gesels vandag met Jaco de Wet, stigter van Writing…
23 Jun 4AM 12 min

Getuienis: Erich en Lizette Posthumus

Erich Posthumus en Lizette Posthumus is bekende Suid-Afrikaanse motiveringsprekers en geestelike leiers wat al vir dekades lank deur hul kinder- en jeugbediening, boeke en gesinsbediening duisende mense bedien. Ná ’n ernstige motorongeluk in November 2025 waarin hulle en hul dogter wonderbaarlik oorleef het, het hulle ook ’n pad van fisiese…
22 Jun 6AM 18 min