Ons het ‘n oordenking wat elke week wat tematies “God en Finansies” dek. Dit is aangebied deur Wynand du Preez en vandag gesels hy oor die tema: “Dankbaarheid bring tevredenheid” uit Hebr 13:5
HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalaharistories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is “Want stilte sê alles” uit Hooglied 2:3
Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson) is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor Handelinge 20 oor jou lewenstaak.
Ons skop die program Omstreeks 16:20 af met 'n vergrootglas op huwelike. Deon en Karen du Toit van Huweliksfokus is huweliksaktiviste, en vandag praat hulle oor die tema: “Jou maat verdien respek en waardering.”
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.