NHE se fokus is verkeerd, dit moet laekoste huise wees

Loading player...
Die Nasionale Behuisingsonderneming het gesê sy amptelike jaarlikse huisbou-teiken is 2 000, na stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se beroep om 10 000 huise per jaar te bou. Die reaksie kom maande nadat Sankwasa die staatsbeheerde behuisingsontwikkelaar se relevansie in die openbaar bevraagteken het en die tempo van lewering gekritiseer het. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige uitvoerende hoof van onderneming, Mike Kavekotora gepraat, wat sê die korporasie moet fokus op laekoste-huise.
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum dring aan op daadwerklike optrede teen plaasaanvalle

AfriForum doen 'n beroep op die regering om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en 'n nasionale strategie in te stel om dit te voorkom. Die beroep volg op Woensdag se aanval op die Noordwes-boer Donovan Marx, wat op wrede wyse aangerand is. AfriForum se Jacques Broodryk sê die owerhede moet…
30 Oct 3AM 1 min

Namibië se ekonomie steeds onder druk ondanks groeivooruitsigte

Die Bank van Namibië waarsku dat bek-en-klouseer, hoër brandstofpryse en ’n groeiende handelstekort die land se ekonomiese herstel kan belemmer, ondanks ’n verwagte toename in ekonomiese groei. Die president van die BoN, Ebson Uanguta, sê Namibië se handelstekort het in die eerste agt maande van vanjaar tot 33,5 miljard Namibiese…
30 Oct 3AM 1 min

Vuurwapenopleiers vra optrede teen taxigeweld in SA

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vuurwapenopleiers het die skietvoorvalle in die Wes-Kaap wat met taxi's verband hou veroordeel. Dit sluit in voorvalle in Somerset-Wes, Khayelitsha, Epping, Delft, Bonteheuwel en Maitland. Mike Mbedzi van die vereniging sê die veiligheid van pendelaars moet 'n prioriteit wees en geskille oor taxiroetes mag nooit tot…
30 Oct 2AM 1 min

NamRA verskerp fokus op alkohol- en tabakhandel

NamRA het met bedryfsleiers vergader om strenger nakoming van regulasies oor die handel in alkohol- en tabakprodukte te bespreek. Die hoof van doeane en aksyns, Wilbroad Poniso, sê sterker beheermaatreëls is noodsaaklik om staatsinkomste te verhoog en terselfdertyd ’n gelyke speelveld vir wettige plaaslike ondernemings te verseker.
30 Oct 2AM 1 min

WKOD prioritiseer leerderveiligheid te midde van taxigeweld

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om…
30 Oct 1AM 1 min