Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums

Loading player...
Misdaad bly een van die grootste uitdagings waarmee gemeenskappe in Pretoria daagliks te kampe het. Van huisbrake en voertuigmisdaad tot bedrog en veiligheidskwessies in woonbuurte – inwoners is toenemend afhanklik van samewerking tussen die SAPD, Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's), sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap self. Vandag gesels ons met verteenwoordigers van verskeie GPF's oor die stand van misdaad in Pretoria, die uitdagings waarmee hulle te doen kry en hoe inwoners self kan bydra tot veiliger gemeenskappe. In die ateljee is De Wet Ungerer - Gemeenskapsveiligheid steekshoof AfriForum Gauteng Noord, Aris Ruyter - Alpha Security Forum & Garsfontein CPF en Louis Erasmus - Brooklyn Sektor 2 GPF.
24 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Helikopterouerskap - Dr Wietske Boon

Ons wil almal ons kinders beskerm, hulle gelukkig sien en keer dat hulle seerkry. Maar wanneer ons as ouers elke struikelblok uit hul pad verwyder, elke probleem namens hulle oplos en selfs die kleinste verantwoordelikhede oorneem, help ons hulle dalk nie soveel as wat ons dink nie. Maar waar lê…
20 Nov 5AM 10 min

VERSKILMAKERS: PopUp

Werkloosheid is veel meer as net ’n gebrek aan ’n inkomste – dit kan ook ’n mens se selfvertroue, waardigheid en hoop steel. Maar wat gebeur wanneer iemand nie net ’n vaardigheid aangeleer word nie, maar ook weer begin glo in sy of haar eie potensiaal? POPUP is sedert 2005…
19 Nov 4AM 9 min

Aktualiteit: Hoe lyk die toekoms van mediese fondse in SA?

Mediese fondsbydraes raak jaar ná jaar duurder, en vir baie Suid-Afrikaanse gesinne word privaat mediese dekking al hoe moeiliker bekostigbaar. Maar waarom gebeur dit, en is die mediese fondse werklik die skuldiges? Een van die grootste bekommernisse is dat jonger, gesonder lede hul mediese fondse verlaat omdat hulle dit nie…
18 Nov 5AM 11 min

Aktualiteit: Staar Pretoria 'n algehele waterkrisis in die gesig?

Gauteng se waterkrisis plaas inwoners, besighede en plaaslike owerhede toenemend onder druk. Die Stad Tshwane het op 16 November 2026 Vlak 2-waterbeperkings met onmiddellike effek aangekondig nadat waterverbruik sedert September die stad se permanente watertoewysing met 34% oorskry het. Die metro moet sy verbruik met 200 miljoen liter per dag…
18 Nov 5AM 8 min

Mansgesondheidsmaand: Prostaatkanker raak al hoe meer mans

November is wêreldwyd bekend as Mansgesondheidsmaand – ’n maand waarin daar spesifiek gefokus word op mans se fisieke en emosionele gesondheid, met besondere aandag aan prostaatkanker. Tog is dit dikwels juis mans wat doktersbesoeke uitstel, simptome ignoreer of nie maklik oor hul gesondheid praat nie. Sarina gesels met Andrew Oberholzer…
18 Nov 5AM 6 min