Persoonlike ontwikkeling & Tapas vir die reis

Loading player...
In vandag se episode van Kopskuif, kom gesels bekende sielkundige, dr. Eugene Kemp, vanuit ’n sterk geloofsbasis oor persoonlike ontwikkeling.
Hy deel ook meer oor sy nuutste boek, ‘Tapas vir die reis’ – ’n versameling van 100 inspirerende stories uit sy radio- en sosialemediaplatforms wat jou ’n hupstoot gee op ons reis wat nie sonder moeilikhede en storms gebeur nie. Ons is almal pelgrims op ons eie unieke tog, maar uiteindelik nomades wie se wortels nie hier te diep ingeslaan kan word nie. En soos ons aardse stories nou met mekaar verweef is, is dit aan die einde deel van die groter storie
27 Jun Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Aviwe Ngabom - Akteur & Seremoniemeester

Vandag gesels Aviwe Ngabom op Kopskuif. Hierdie Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan. Verder deel bekende joernalis en skrywer, Elize Parker, 'n oomblik van refleksie.
29 Aug 42 min

Waarin lê die kern van die lewe?

“Waarin lê die kern van die lewe?” het die Griekse filosoof Aristoteles eenmaal gevra en sy eie vraag geantwoord met die woorde: “Om ander te dien en goed te doen.” Kom luister hoe Shireen Louw, voorsitter van die ATKV-jeugtak Drome Jeug in Parow gesels oor die verskil wat die tak…
15 Aug 39 min

Nina Strydom se pad na sukses

Nina Strydom se pad na sukses is verweef met die ATKV. Sy was die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nasionale verhoog geplaas het. Daarby was sy ’n finalis van ATKV-DigiToneel, waar sy haar kreatiewe vermoëns verder kon slyp en…
22 Aug 29 min

Vroue in die Sakewêreld

Vandag gesels verskilmaker Tanya Liebenberg, besigheidsleier en voorsitter van die Johannesburgtak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue, oor hoe vroue in die sakewêreld bemagtig, verenig en ondersteun word.
8 Aug 25 min

Rol van Biblioteke in die gemeenskap

Sybil Lee, hoof van biblioteekdienste in die Overberg, Theewaterskloof, gesels oor die rol van biblioteke in die gemeenskap. Sy vertel ook oor die ATKV-EkkanLees-projek se bydraes tot leesbemagtiging.
1 Aug 34 min