ATKV-Tienertoneel - 'n ruimte om te groei

Loading player...
In Kopskuif gesels Sebastian van Niekerk oor ATKV-Tienertoneel as ’n ruimte om te groei, en om te leer hoe om met selfvertroue in die wêreld – en op die verhoog – te staan. Sebastian gesels oor deelname aan die ATKV se projek wat jou net nie aan kompetisie en kreatiewe uitdagings blootstel nie, maar jou bemagtig om in jou eie toekoms te belê. Verder deel hy sy ervaring van die gesogte ATKV-Agent-akteursrol, sowel as sy betrokkenheid by ‘Beter as gister’ – ’n splinternuwe 13-episode- Afrikaanse dramareeks op kykNET.
4 Jul Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Mark Pekeur - inspirasie oor musiek, drome, geloof en die krag van jou eie stem

In vandag se Kopskuif episode, kom gesels ATKV-Crescendo-kunstenaar Mark Pekeur. Hy gesels oor sy liefde vir musiek, sy tyd in die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, die waardevolle mentorskap van ATKV-Crescendo en die mense wat hom as kunstenaar geïnspireer en gevorm het. Ons ontdek ook meer oor sy debuut-EP, Meer as jy –…
28 Nov 31 min

Belê in jouself, belê in jou toekoms en wees die verskil! - Amor Prinsloo

In vandag se episode van Kopskuif, gesels Amor Prinsloo, ATKV-streeksbestuurder vir KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat. Sy neem ons op ’n reis deur die hart van die ATKV se gemeenskapsbetrokkenheid en vertel meer oor die waarde van jeugtakke, die krag van vrywilligers, leesbemagtiging deur ATKV-EkKanLees en die besondere projekte waarmee ATKV-takke…
21 Nov 32 min

Herinneringe uit die kinderdae, liefde vir skryf en nog meer met Keina Swart

In vandag se episode gesels bekroonde joernalis, redakteur en skrywer Keina Swart op Kopskuif. Met meer as drie dekades se ervaring in die mediawêreld het sy ’n besondere bydrae tot die Afrikaanse skryfwêreld gelewer. Skakel in en kom luister hoe sy meer oor die herinneringe van haar kinderdae, haar liefde…
14 Nov 34 min

Gracia Louw - digter, storieverteller, kunstenaar en spreker

Gracia Louw, digter, storieverteller, kunstenaar en spreker gesels vandag in Kopskuif. Kom luister hoe Gracia gesels oor haar betrokkenheid by ATKV-Crescendo as mentor en kunstenaar. Verder vertel sy meer oor die inisiatief ‘Bly Staan’ en die hoop wat dit in mense se lewens bring.
7 Nov 35 min

Johny Klein - van sy grootwordjare tot agter die mikrofoon

Kom luister hoe die bekende stemkunstenaar en akteur, Johny Klein, gesels oor hoe lief hy daarvoor is om voor die kameras te wees, op die verhoog te speel en agter die mikrofoon in te skuif. Johny vertel van sy grootwordjare in Groblershoop in die Noord-Kaap, sy eerste keer op die…
31 Oct 41 min