Monique Pieterse kom deel haar reis met veelvuldige sklerose

Loading player...
Sommige gevegte is nie sigbaar vir die oog nie, maar dit maak dit nie minder werklik nie. Monique Pieterse kom deel haar reis met veelvuldige sklerose – ’n verhaal van uitdagings en hoop. Sy vertel hoe haar onwrikbare geloof haar deur die donkerste tye gedra het, hoe die liefde en ondersteuning van haar gesin haar krag gegee het, en hoe dankbaarheid haar perspektief op die lewe verander het.
11 Jul Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Aviwe Ngabom - Akteur & Seremoniemeester

Vandag gesels Aviwe Ngabom op Kopskuif. Hierdie Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan. Verder deel bekende joernalis en skrywer, Elize Parker, 'n oomblik van refleksie.
29 Aug 42 min

Waarin lê die kern van die lewe?

“Waarin lê die kern van die lewe?” het die Griekse filosoof Aristoteles eenmaal gevra en sy eie vraag geantwoord met die woorde: “Om ander te dien en goed te doen.” Kom luister hoe Shireen Louw, voorsitter van die ATKV-jeugtak Drome Jeug in Parow gesels oor die verskil wat die tak…
15 Aug 39 min

Nina Strydom se pad na sukses

Nina Strydom se pad na sukses is verweef met die ATKV. Sy was die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nasionale verhoog geplaas het. Daarby was sy ’n finalis van ATKV-DigiToneel, waar sy haar kreatiewe vermoëns verder kon slyp en…
22 Aug 29 min

Vroue in die Sakewêreld

Vandag gesels verskilmaker Tanya Liebenberg, besigheidsleier en voorsitter van die Johannesburgtak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue, oor hoe vroue in die sakewêreld bemagtig, verenig en ondersteun word.
8 Aug 25 min

Rol van Biblioteke in die gemeenskap

Sybil Lee, hoof van biblioteekdienste in die Overberg, Theewaterskloof, gesels oor die rol van biblioteke in die gemeenskap. Sy vertel ook oor die ATKV-EkkanLees-projek se bydraes tot leesbemagtiging.
1 Aug 34 min