VERSKILMAKERS: Potter's Haven

Loading player...
Vir byna 30 jaar is Potter's Haven in Springs 'n veilige hawe vir babas en kinders wat mishandel, verwaarloos of verlaat is – baie van hulle met gestremdhede of spesiale behoeftes. Maar die organisasie is tans onder geweldige finansiële druk en doen 'n dringende beroep op die publiek en besighede om te help sodat hulle kan voortgaan om vir hierdie kwesbare kinders te sorg. Elrica gesels met Adri Potgieter, hoof van fondsinsameling by Potter's Haven.
23 Jul 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: L - Lees

Om van kleins af saam met jou kind te lees, is een van die waardevolste geskenke wat jy kan gee. Dit bou nie net taal- en leervaardighede nie, maar versterk ook die band tussen ouer en kind. Hieroor gesels ons vandag met Hannekie Verwoerd. Hannekie Verwoerd, stigter van Luistervink Stories,…
5 Aug 7AM 10 min

Vrouemaand-inspirasie: Gerridene Berg

Vrouemaand gee ons die geleentheid om die ongelooflike vroue in ons lewens te vier, maar ook om vir 'n oomblik stil te staan by wat dit regtig beteken om vandag 'n vrou te wees. Die vreugdes, die uitdagings, die druk en die voorreg. Vandag kuier Gerridene Berg by ons en…
5 Aug 6AM 24 min

Aktualiteit: Gaan dit sneeu in Pretoria?

Gaan Gauteng volgende week onder 'n kombers sneeu wakker word? Dit is die vraag wat die afgelope paar dae op almal se lippe is nadat vroeë weermodelle sneeu oor byna die hele land voorspel het. Intussen het die voorspelling egter verander, en om vir ons te help verstaan hoe hierdie…
5 Aug 6AM 4 min

Aktualiteit: Eis nou meer by Kleineisehof

Die maksimum bedrag wat deur die Klein Eisehof hanteer kan word, is onlangs van R20 000 na R30 000 verhoog – 'n stap wat toegang tot bekostigbare geregtigheid vir meer Suid-Afrikaners kan verbeter. Ons gesels met prokureur Alet Uys om uit te vind wat hierdie verandering in die praktyk beteken.
5 Aug 6AM 9 min

Borsvoedingsbewusmakingsweek

Dit is die begin van Wêreldborsvoedingsbewusmakingsweek, 'n geleentheid wat die belangrikheid van borsvoeding én die ondersteuning van mammas beklemtoon. Hoewel borsvoeding natuurlik is, kom dit nie altyd vanself nie, en baie nuwe mammas het vrae of ervaar uitdagings. Sarina gesels met borsvoedkonsultant Marilu Barac oordinge wat jy kan doen om…
3 Aug 6AM 14 min